Snymeester 960 HVMKR3C1

  • Daar word sosiale geleenthede saam dameskoshuise gehou.
  • JOOL saam ‘n dameskoshuis.
  • Lentebraai wat een van die grootste sosiale geleenthede op TUKS is.
  • VoortrekkerVrydae (waar al die koshuislede saam braai).
  • Huisweek (‘n week vol sosiale aksies binne koshuis verband).
  • Kultuurweek (‘n week waar al die koshuis lede saam sosiaal en meer leer oor ons kultuur).

Jool

Jool beteken - Jou onbaatsugtige opoffering vir liefdadigheid.



Bou vlot en samel geld in vir liefdadigheid;

Jool elke jaar met Tuks dameskoshuis.

Jool in 2006 met Nerina dameskoshuis;

Behaal algehele 3de plek in 2006.

Skenk 'n klimraam vir Huis Tekna. 'n Kinderhuis in Warmbad.

Het al verskeie liefdadigheidsprojekte aangepak waaronder plaas
      beveiliging uitstaan.


Koshuislewe

Buiten studeer en klas loop, kom enige student tog universiteit toe om 'n volwaardige koshuislewe te geniet. Koshuislewe is wat ons karakter vorm en maak ons die mens wat dan later die volwasse wêreld betreë.

Die koshuislewe van Huis Voortrekker is baie uniek , deurdat ons kleiner as ander koshuise met betrekking tot inwoners is. As gevolg van minder inwoners, ken almal mekaar op 'n meer persoonlike basis en dien almal die koshuis as 'n "gesin".

Sosiale Aangeleenthede ten bate van Huis Voortrekker

Later in die jaar is daar 'n golfdag wat plaasvind. Dit  is 'n geleentheid waarin die koshuis lekker kan saam kuier en terselftertyd hul golfvernuf kan opknap!

Dan het die koshuis ook 'n potjiekosklub waarin elke lid van die klub 'n beurt kry om 'n potjie te maak! Die kuns van potjiekos maak word aangeleer en almal kuier lekker saam op so 'n geleentheid!

Die koshuislewe van Huis Voortrekker is 'n ongelooflike ervaring wat elke student moet beleef! Lewenslange vriende word gemaak en ongelooflike herineringe word vasgemaak in elke inwoner se hart!

Klik op die foto vir groter weergawe:

Sosiaal1t
Sosiaal2t
Sosiaal3t
Sosiaal4t
Sosiaal5t

 

Sosiaal

Sosiaal verkeer by Huis Voortrekker is groot!  Daar word gebraai en die "odd" bier word gedrink. Die Titanic (die koshuis klubhuis) lok ook baie belangsteling veral na koshuisrugby, asook gedurende "socials".

Die kuier saam met meisies van verskillende meisieskoshuise word baie hoog aangeslaan, veral die bokjolle en sokkies waarvoor Voortrekker bekend is.

Voortrekker het instelings wat groot is op almal se sosiale kalenders naamlik: Die Lentebraai wat net voor lentedag gehou word. By hierdie geleenthede is daar "live" bands, jacuzzi's en glybane asook bitterbaie hubare jong dames.

Daar is ook 'n Huisweek wat afskop met 'n Pa-en-seun dag wat gevolg word deur 'n Gholfdag, Rally, Ramme-aand en bowenal sluit ons die week af met die jaarlikse Huisdinee, waar ons almal “Suit Up” vir 'n lekker joligheid.
 

[Tuisblad] [Geskiedenis/Kultuur] [Alumini/HK] [Akademie] [Sport] [Sosiaal] [Aansoeke] [Kontak Ons]