Snymeester 960 HVMKR3C1

HuisFoto - gesny 01

Huis Voortrekker is `n privaat  manskoshuis naby die Universiteit van Pretoria wat bestuur word met Christelike beginsels as basis.  Huis Voortrekker funksioneer as `n privaat koshuis met blyplek vir 83 gekeurde lede, wat hoofsaaklik studeer aan die Universiteit van Pretoria en ander instansies soos Tshwane Universiteit van Tegnologie, Soltech en Akademia.  Die Huislede bestaan ook uit aktiewe lidmate van Christelike kerke, en is Afrikaans sprekend.

Huis Voortrekker het `n ryke geskiedenis wat begin by Voortrekkertehuis wat in 1939 gestig is, en deur die Hervormde Kerk onderhou was tot 1970. Die teologiese studente het Huis Voortrekker in 1991 weer herstig en baie van die gebruike en tradisies kom van die eerste Voortrekker koshuis af.
Die seuns is `n klomp lewenslustige jong mans, wat die koshuis se tradisies, gees en broederskap lewendig hou. Huis Voortrekker is groot genoeg om `n merkwaardige verskil te maak, maar ook klein genoeg om al die lede in die huis persoonlik te leer ken en ware vriendskappe te bou. As ‘n groot familie sluit ons elke aand in die week af met skriflesing, gebed en drie gesange. Ons hou ook weekliks bybelstudie.

Die koshuis het hul eie bestuurspan wat sorg dat dinge glad verloop, asook dat studente deelneem aan al die aktiwiteite van die Universiteit hetsy Sport, Kultuur of Sosiale aktiwiteite. Die koshuis se studente het al talle prestasies behaal, op alle vlakke ten spyte van hul grootte weens die keuringsproses.

Eerstejaars neem deel aan ‘n oriënterings program om hul vertroud te maak met die kampus lewe, asook die intergrasie van die koshuis lewe en broederskap. Hulle het verpligte studietye en daar is akademiese raadgewers wat hul bystaan.
Huis Voortrekker is dié koshuis waar “Seuns Manne Word”.

Huis Voortrekker Privaat Manskoshuis bied verblyf aan Christen, Afrikaans mansstudente.
 

KONTAK ONS:

Tuki e’State

+27 12 362 1192
+27 79 500 7500


admin@tukiestate.co.za of
info@hvmk.co.za
 

Sentraal Geleë

  • 83 inwoners;
  • 200m vanaf LC de Villiers sportgronde;
  • Naaste manskoshuis aan Tuks;
  • Naby aan Hatfield plaza (Inkopiesentrum);
  • Lae tariewe;
  • Studietye vir eerstejaars vanaf 19:00 tot 20:30 en van  21:00 tot 22:00 Maandae tot Donderdae.
  • Speel die afgelope 3 jaar in die koshuisrugby-finaal.
  • Hou elke jaar 'n reünie met ou lede.
  • Neem deel aan alle Sport en Kultuur aktiwiteite op Tuks:
    • Rugby
    • Krieket
    • Hokkie
    • Sêrrie
    • Jool
    • Serrenade
    • Squash
       
[Tuisblad] [Geskiedenis/Kultuur] [Alumini/HK] [Akademie] [Sport] [Sosiaal] [Aansoeke] [Kontak Ons]